Antarktika, 2006: die internasionale oliegroep Alpha Petrolium boor onwettig vir olie terwyl hul hoof, William Williamson, probeer om die VN te oortuig om die Suidpool-verbod op die ontwikkeling van minerale op te hef. Die dood van 'n boorman lei tot 'n ondersoek deur dr Svetlana Bloem-Coetzee en mikrobioloog Braam Steenberg....
Antarktika, 2006: die internasionale oliegroep Alpha Petrolium boor onwettig vir olie terwyl hul hoof, William Williamson, probeer om die VN te oortuig om die Suidpool-verbod op die ontwikkeling van minerale op te hef. Die dood van 'n boorman lei tot 'n ondersoek deur dr Svetlana Bloem-Coetzee en mikrobioloog Braam Steenberg. Hulle ontdek dat die werker blootgestel is aan 'n vreemde virus wat moontlik deur die olieboorproses na die oppervlak gebring is.